Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "droom" deur CHARL DURAND
"droom" deur CHARL DURAND [boodskap #28809] Sa, 22 Januarie 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

droom
Charl Durand

ek het 'n droom. ek het hom neergeskryf toe ek wakker word en 'n hele
seisoen lank, omtrent, elke dag gelees. toe het die droom 'n knak gekry
soos 'n lang tak wat te vinnig gegroei het en ek het oor die droom
gehuil. ek wonder soms oor die droom, nie dat hy begrawe lê nie, hy
staan net in die hoekie van die sitkamer en dra nat reenjasse van
besoekers.
***********
Vorige onderwerp: "Lofsang" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: "in my kleintyd" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:05:32 MGT 2024